Kontak Ons
     
Natuurritte
    
Verskeie opsies vir begeleide toere oor 4 x 4 terrein deur die bewaringsgebied word aangebied. Wildsbesigtiging of ’n skemerrit na Aalwynkoppie is van die gereelde ritte wat onderneem word.
 

Perderitte
    
Vir sommige is die beste manier om die bewarinsgebied te verken stewig gesaal op die rug van ’n perd. Verskeie opsies word aangebied en word volgens u behoeftes uitgewerk of aangepas.

 


Jag

    
Jag word op die plaas Goedehoop aangebied in lyn met ons beleid van eko-vriendelike en volhoubare benutting van die natuurlike omgewing. Daarom het u die voorreg om op ’n tradisionele wyse, per voet of te perd, jag te maak op bok of voël spesies. Die terrein waar u jag wissel vanaf grasvlaktes waar troppe springbokke, blesbokke, zebra’s en swartwildebeeste hou, sanderige veld met gemsbokke tot klipperige heuwels waar vaalribbokke hou.

 



Ons onderskryf ter alle tye die etiese kodes van Safari Club International (SCI) en van Rowland Ward. Daarom word van voornemende jagters verwag om hulself te vergewis hiervan:

Die jagter se etiese kode

• Ek erken my verantwoordelikheid teenoor die natuurlike wildlewe, habitat en toekomstige geslagte, daarom onderneem ek:
• Om myself op so ’n wyse te gedra in die jagveld sodat ek ’n positiewe bydrae tot die wildewe en ekosisteme kan maak;
• Om my vaardigheid as skut en veldkenner te verbeter om sodoende ’n menslike oes van wild te verseker;
• Om gehoor te gee aan alle wildlewe wetgewing, die gees van ’n regverdige jag (“Fair Chase”) en om my kollegas dienooreenkomstig te beïnvloed;
• Om my verantwoordelikheid te aanvaar om alle moontlike nodige hulp te verleen aan die toepassers van wilds wetgewing;
• Om geen geleentheid te vermors waar jong mense die volle betekenis van hierdie etiese kode geleer kan word;
• Om in woord en daad die waardigheid van die hele jaggemeenskap te reflekteer, en om blywende respek te openbaar teenoor die wildlewe, habitat en eiendom waarop ek in ’n bevoorregte posisie mag jag.