Kontak Ons
     

Bewaring deur omgewingsintegriteit, ekonomiese
lewensvatbaarheid en sosiale ontwikkeling.

     Die herlewing van 地 omgewing se natuurlike skoonheid is 地 proses wat 地 groot uitdaging bied. Hierdie proses is reeds goed op dreef op die plaas Goedehoop deur die gebied aan minder menslike inmenging bloot te stel. Dit hou o.a. in dat tradisionele landbou aktiwiteite geleidelik uitgefaseer word. Verder is van deskundige hulp gebruik gemaak om die volhoubaarheid van hierdie proses te verseker. Vrystaat Natuurbewaring is vanaf die aanvang van die bewaringsprojek nou betrokke by die ontwikeling van bestuursprogramme in die bewaringsgebied. Die hulp van die Universiteit van Pretoria is ook ingeroep om eko-vriendelike staproetes deur die gebied te ontwikkel.


     地 Ekologiese balans word bevorder deur 地 program waarvolgens inheemse dierespesies in die gebied hervestig word. Dit is egter noodsaaklik dat die hoeveelheid diere beheer word om 地 gesonde gebalanseerde geheel te verseker. Daarom word daar vir 地 beperkte tyd van die jaar eko-vriendelike en beheerde boog- en handwapen jag toegelaat.

     Die bewaringsgebied is betrokke by 地 deurlopende projek om die grond, plant en ekologiese stelsels volledig te karteer. So word die besoeker van al die inligting voorsien wat hy nodig het om bewus te word van die wonders en die naturlike skoonheid van die omgewing.