|
Eko-vriendelike staproetes
Twee
staproetes is gevestig in die bewaringsgebied met Goedehoop as die
sentrale fokuspunt. Deskundiges van die Departement van Ekologie aan die
Universiteit van Pretoria het die roetes uitgelê na deeglike oorweging van
die omgewingskenmerke van die gebied en die behoeftes van jonk en oud,
avontuurlistiges en selfs die dapperes is in ag geneem. Die roetes is
almal geakkrediteer by die Suid-Afrikaanse Staproete Eienaarsvereniging (SATOA).
Die Ghoya staproete
Hierdie dag staproete van sowat 10
kilometer begin by die Goedehoop gastehuis en is handgemaak vir
dagbesoekers wat die natuurlike skoonheid van die bewaringsgebied wil
ontdek. Eers word daar op Aalwyn koppie verpoos vanwaar jy ’n uitsig oor
die grootste deel van die bewaringsgebied kan geniet. Hiervandaan word
daar na die historiese Ghoya korbeulkliphutte geloop. Midagete word onder
by die hengelkol langs die spruit geniet waar ’n ete aan u voorsien kan
word (of self saam geneem kan word). Die roete loop terug na die gastehuis
al langs die spruit. Die Springbok staproete
Hierdie
aangename staproete van net meet as vyf kilometer kronkel deur ’n klein
vallei vanaf die Goedehoop gastehuis. Dit loop dan verder na ’n heuwel
waar rustig gesit kan word om die asemrowende uitsig oor die
bewaringsgebied in te neem. Die roete loop dan terug na die gastehuis
deur ’n gebied wat veral deur vlaktewild verkies word. Dit als terwyl
die legendariese Vegkop al in die verte aanwesig is.
|