Kontak Ons
     


 

     Goedehoop gastehuis is geleë langs drie damme en is omring deur heuwels en koppies. Hier het u die geleentheid om die informele en tog ruim gasvryheid van ’n eg Vrystaatse plaashuis te ervaar. Voortdurende nougesette restaurasie van die ou opstal het die herlewing van die vroeëre glorie en sjarme laat realiseer. Gebou uit plaaslike klip in 1892 en ryklike versier met hout, bied die huis ontvlugting aan diegene wat wil wegbreuk na ’n rustige leefwêreld.
     Die huis beskik oor vyf ten volle gemibileurde kamers, ’n sonnige informele leefkamer met ’n klein kroeg, ’n rustige formele sitkamer en ’n verruklike eetkamer waar ’n ware feesmaal op u wag. Keurige tradisionele geregte word hier langs ’n warm kagelvuur bedien.

 

Prys
Bed & ontbyt - ZAR 350
Vol basis – ZAR 450.