|
Die
Ghoya Afrika bewaringsgebied is gewortel in die opwindende diversiteit van
ons land en het baie kleurryke verhale om te vertel. Bewoning van die
gebied dateer terug tot die laat ystertydperk. Vandag nog kan die
korbeelkliphutte van die Nghoya stam, ’n etniese volk uit daardie tydperk,
aangetref word waar dit verspreid voorkom oor die heuwels van die
bewaringsgebied. Dit is aan hierdie unieke argeologiese erfenis waaraan
die bewaringsgebied sy naam ontleen. |
|
Toe die Voortekkers teen die middel van die negentiende
eeu die omgewing van die bewaringsgebied bereik het, was dit bewoon deur
nomadiese Barelong- en Matabele beesboere. Die naby geleë terein waar die
slag van Vegkop plaasgevind het in 1836 herhinder mens aan daardie tye toe
die stryd om natuurlike hulpbronne tot hierdie bekende geveg gelei het -
een van die vroeë verhale van die vestigings geskiedenis van blankes in
die Suid-Afrikaanse binneland |