Kontak Ons
     

     Die stigting van die Ghoya Afrika bewaringsgebied het ’n behoefte laat ontstaan om aan die plaaslike gemeenskappe die geleentheid te gee om hul armoede te verlig. Met die vestiging van die bewaringsgebied se geriewe is van plaaslike mense en hulle vaardighede gebruik gemaak. Plaaslike mense is betrokke in die opleidingsprogramme vir veldwagters wat deur Vrystaat Natuurbewaring aangebied word. Noord Vrystaat Toerisme bied ook kursusse aan om personeel op te lei vir die Goedehoop gastehuis en ander fasiliteite.