
Hengelkol en piekniekplek
Hierdie
kol, geleë onder ’n rotswand langs ’n standhoudende spruit en omring deur
witstinkhout bome, is ideaal om ’n ontspanende dag in die natuur te geniet.
Vir ’n piekniek, ’n naweek se kampering of ’n koel lang swem is die
hengelkol reeds lank ’n ou gunsteling by die mense van Goedehoop. Dit is
ideaal vir ’n gesinsuitstappie of vir ’n kuiertjie met vriende. Hengel
word hier toegelaat en onder die gewone varswatervis spesies wat aangetref
word, tel ook die gesogde Geelvis wat in die diep poele van die spruit hou.
|
|
Buitelig pieknieks
Ons
nooi u om ’n egte plaasstyl piekniek te geniet onder die skadubome rondom
Goedehoop se plaasopstal of enige ander rustige plek in die
bewaringsgebied. Die standaard piekniekmandjies het ’n verskeidenheid koue
vleise, hoender, slaaie, patee, kaas, biltong, vrugte in – en natuurlik ’n
botel wyn om daarmee saam te gaan. Besprekings van ’n piekniekmandjie moet
ten minste ’n dag vooruit gedoen word.
Let asseblief daarop dat geen private pieknieks, braais, musiek of
troeteldiere naby die Goedehoop opstal toegelaat word nie. Alternatiewe
reëlings kan getref word vir pieknieks elders in die bewaringsgebied.
|