Kontak Ons
     
     Die Goedehoop wynkelder is geleë in die manjifieke oorspronklike sandsteenkelder van die plaasopstal. Hier word geproe en gespog met die volle reeks wyne van die Van Loveren wynkelder wat in die Breederivier vallei van die Wes-Kaap geleë is. Keur brandewyn en gefortifiseerde wyne van ander Suid-Afrikaanse wynkelders is ook te koop. Formele wynproe sessies word in die “klaskamer” gehou terwyl alle ander wyne in die kelder geproe en gekoop kan word. Die wynkelder is deur die week oop vir wynproe, met formele wynproe sessies op aanvraag.